’N PENNESAKKIE GEVUL MET HOOP

ONS VIER 45 JAAR VAN RADIOKANSEL

Hulle staan op die drumpel van ’n nuwe lewe, met die laaste hekkie reg voor hulle. Dit voel enorm. Hierdie keer is die sprong groot… baie groot.

Matriekeksamens is nie speletjies nie, en boonop mag leerders slegs ’n deursigtige pennesakkie met die nodige skryfbehoeftes in die eksamenlokaal inneem. Vir baie voel die blote aankoop van so ’n pennesakkie reeds soos ’n berg om te klim.

Terwyl Radio Pulpit 45 jaar van uitsending vier, wil ons in die volgende geslag belê.

Deur die Pennesakkie Gevul met Hoop-inisiatief wil ons Matrieks seën en bemoedig terwyl hulle die laaste paar treë van hul Matriekreis aanpak en hul eindeksamens met die voorgeskrewe eksamenskryfbehoeftes aflê.

Want skryfbehoeftes is die laaste ding waaroor ’n Matriekleerder bekommerd moet wees.

DIE PENNESAKKIE

Ons nooi jou uit om ’n pennesakkie teen R100 te borg, wat ’n kwaliteit pen, potlood en liniaal bevat, om ’n Matriekleerder mee te seën.

Jy kan self kies hoeveel pennesakkies jy wil borg.

DIE SEËNING

Jy is welkom om vir ons ’n bemoedigende boodskap en ’n Bybelvers via WhatsApp te stuur, wat in die pennesakkie geplaas sal word.

Só word die Matriekseën van een geslag na die volgende oorgedra!

DIE TEIKEN

Ons doel is om 3 000 pennesakkies aan skole uit te deel.

Met 3 000 pennesakkies kan ons ’n minimum van 10 skole seën en 3 000 Matrieks bemoedig terwyl hulle vir hul eindeksamens voorberei.

SAL JY ONS HELP OM DIE TEIKEN TE BEHAAL?

Jou bydrae sal ons help om 45 jaar van Radiokansel te vier deur in die toekoms van die volgende geslag te belê en Matrieks daaraan te herinner dat hulle raakgesien, waardeer en ondersteun word.

HOE BORG EK ’N MATRIEKLEERDER?

1. Borg ’n pennesakkie

Borg die aantal Matriekpennesakkies van jou keuse deur die bedrag in ons bankrekening in te betaal, met “Matriek” as die verwysing.

R100 = 1 pennesakkie vir 1 Matriekleerder

2. Stuur ’n boodskap van bemoediging

Stuur vir ons ’n WhatsApp-boodskap na 082 657 2729 met die woord ‘Matriek’ gevolg deur ’n bemoedigende boodskap vir ’n Matriekleerder en ’n Bybelvers. Ons sal sorg dat dit in die pennesakkies geplaas word.

Indien jy nie ’n boodskap wil stuur nie, is jy steeds meer as welkom om pennesakkies te borg.

Kliek hier as jy met jou kaart wil borg

Kliek hier as jy met SnapScan wil borg

BANKBESONDERHEDE

Bank: ABSA
Rekeningnaam: RADIO PULPIT PROJECTS
Rekeningnommer: 9138914687
Tak-kode: 632005

Verwysing: Matriek

WhatsApp: 082 657 2729



Current track

Title

Artist

Background