Die Woord vir Vandag
2022-09-29
Die seën van bekering (1)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Wanneer jy jouself op die verkeerde pad bevind, laat bekering jou toe om 'n U-draai te maak en terug in die regte rigting te gaan. Wat 'n seën is dit nie. Soms dink ons dat ons onsself moet bekeer omdat God vir ons kwaad is en tyd nodig het om weer af te koel. Of ons dink aan bekering as 'n manier om onsself te straf sodat God minder kwaai met ons sal wees. Dis nie bekering nie, dis 'n lae selfbeeld! 'n Lae selfbeeld laat jou glo dat jy so min waarde het, dat jou reaksie nie saakmaak nie.
Wanneer jy jouself egter bekeer, verstaan jy dat jou reaksie belangrik is, omdat jy so baie werd vir God is. Paulus sê: '...Besef jy nie dat God so goed vir jou is omdat Hy vir jou tyd wil gee om tot inkeer te kom nie?' Wanneer jy lief is vir God, is jou grootste bekommernis nie dat God jou sal seermaak nie, maar dat jou aksies Hom sal seermaak.
Toe Dawid vir Urija doodgemaak het nadat Dawid by sy vrou geslaap het, het hy vir 'n jaar lank homself nie daaroor bekeer nie. Hy moes homself forseer om nie daaraan te dink nie. Wat 'n ellendige manier om te lewe! In sy boetegebed, het hy gesê: '...my sonde is gedurig voor my' (Psalm 51:5 NLV). Toe het hy uitgeroep: 'Neem weg my sonde met hisop sodat ek skoon kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees... Skep vir my 'n rein hart, o God... Gee my tog weer die vreugde van u redding...' (verse 9, 12, 14 NLV). Gevolglik het God hom vergewe, sy lei skoon gevee en Dawid het aangegaan om Israel se grootste koning te word.
Jy sien, bekering is nie tot God se voordeel nie - dis tot joune!
Sielskos: Hoog 5-8; Mark 15:21-32; Ps 91; Spr 21:28-31
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




