Die Woord vir Vandag

2022-10-13

Jy moet eerstens vir ander mense omgee

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Korintiërs 13:5 NLV

Wanneer jy op dit wat jy het om te bied eerder as die behoeftes van ander mense fokus, kom hulle dit agter en verloor gou belangstelling. Jy kan selfs in 'n poging om jou geloof te deel so verdiep raak in jou aanbieding en om 'resultate te kry,' dat jy die ander persoon koud laat.

In sy boek, Presenting to Win, wys Jerry Weissman uit dat wanneer mense kommunikeer, hulle te veel op die kenmerke van hul produk of diens fokus, in plaas daarvan om die vraag: 'Kan jy my help?' te beantwoord. Die sleutel, sê Weissman, is om op die voordele, nie die kenmerke nie, te fokus.

Hy skryf: "'n Kenmerk is 'n feit of eienskap van jou of jou maatskappy, die produkte wat jy verkoop of die idee wat jy voorlê. 'n Voordeel, daarenteen, is 'n feit of eienskap wat jou gehoor sal help. Wanneer jy mense wil oortuig, is dit nooit genoeg om die kenmerke van dit wat jy verkoop aan te bied nie; elke kenmerk moet in 'n voordeel vertaal word. Waar 'n kenmerk dalk irrelevant tot die behoeftes of belangstellings van jou gehoor mag wees, is 'n voordeel, by definisie, altyd relevant."

Om vir die ander persoon om te gee, moet altyd jou beweegrede en beginpunt wees. Paulus skryf: 'Al sou ek enige taal op aarde of selfs in die hemel kon praat, maar ek kom die liefde kort, het ek 'n galmende trom of 'n klinkende simbaal geword... En al sou ek al my besittings vir die armes gee en selfs my liggaam opoffer sodat ek my daarop kon beroem, maar ek kom die liefde kort, sou dit my niks help nie' (verse 1, 3 NLV).

Jy moet dus eerstens vir ander mense omgee.

Sielskos: 1 Sam 27-31; Joh 3:1-8; Ps 110; Spr 23:6-9

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background