The Ultimate Lifestyle Guide

Geskeduleer op

Saterdag 16:00 19:00

Bewerkstellig die leefstyl wat God vir jou beplan het

Tagged as , ,
Geestelike welstand is nie net beperk tot die kerk nie! 



Met trosts gebord deur Die Woord vir Vandag.

The Ultimate Lifestyle Guide verskaf vermaak, inligting en inspirasie aan Radiokansel luisteraars. Dit help luisteraars om ‘n gebalanseerde Christelike leefstyl te handhaaf.

Jou aanbieder is Bonolo Nkosi, ‘n gesoute aanbieder met ervaring in radio- en televisieproduksie.

Jou spiritualiteit is nie net beperk tot kerkbyeenkomstes nie. Dit is ‘n belangrike deel van wie jy is, in elke aspek van jou lewe. Bonolo wil jou herinner dat of jy na ‘n konsert gaan, jou huis skoon maak of loopbaanopsies oorweeg, dat God saam met jou is. Alles wat ons doen, is in blye diens aan God. Bonolo se raad aan luisteraars is om getrou te bly aan wie God jou gemaak het om te wees. Haar raad aan luisteraars kom van ‘n spreuke van die 400m Olimpiese medaljewenner Sanya Richards-Ross:

Whenever you run someone else’s race, you will always come in second. 

Tydens die program kan jy uitdagende gesprekke verwag. Dit sluit in leiding, wenke en inligting om jou te help om ‘n leefstyl te kweek soos wat God vir jou beplan het. Tipiese temas wat ons bespreek, sluit in:

  • Finansies
  • Gesondheid
  • Verhoudings
  • Ouerskap
  • Besigheid
  • Stokperdjies
  • Gebeure

As daar een skrifgedeelte is wat Bonolo vir die program wil beklemtoon, is dit Romeine 12:1:

‘En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.’

Skakel in vir The Ultimate Lifestyle Guide on Radiokansel 657AM elke Saterdag om 16:00. Indien jy ‘n program misgeloop het kan jy dit vind in ons potgooi afdeling.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


The Ultimate Lifestyle Guide span

Bonolo is die afgelope 10 jaar deel van die Radiokansel 657AM familie as aanbieder.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM