Die Woord vir Vandag

2019-11-02

Hoe om jou berg te beweeg

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Markus 11:23 NLV

Jesus het gesê: 'Dit verseker Ek julle, julle kan vir hierdie berg sê: 'Mag God jou oplig en in die see gooi,' en dit sal so gebeur. Al wat nodig is, is dat julle regtig sal glo en nie in julle harte twyfel nie. Daarom verklaar Ek vir julle, alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou' (verse 23-24 NLV). Jesus het egter nie fisiese berge gedurende sy bediening beweeg nie, so waarvan het Hy hier gepraat? Die probleme waarvoor ons in die lewe te staan kom! Let iets belangriks op: Hy sê net een keer dat ons geloof moet hê, maar drie keer dat ons sy Woord moet spreek. Hoekom? Want as jy nie genoeg geloof het om jou mond te beweeg en God se Woord te spreek nie, sal jy nie genoeg geloof hê om jou berg te verskuif nie! Die Bybel sê: 'Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus' (Romeine 10:17 NLV). Iets wonderlikbaarliks gebeur wanneer jy God se Woord verbaliseer. Jou ore hoor dit, jou gedagtes word vernuwe, jou fokus verander, en die ding waarop God reageer - geloof - bruis binne-in jou op. Wanneer jy dan daardie posisie van geloof behou en aanhou om God se Woord te spreek, sal die berg in jou lewe begin verskuif. So lank as wat jy aanhou sê wat jy in jou natuurlike gedagtes dink en voel, sal die berg soos 'n onbeweeglike objek bly staan. Wanneer jy egter op God se beloftes staan en verklaar: 'Ek mag dalk nie weet hoe of wanneer nie, maar ek weet dat jy in die Naam van Jesus sal ineentuimel,' sal jou berg beweeg!

Sielskos: 1 Kro 6:1-7:19; Joh 8:21-30; Ps 86; Spr 25:8-12

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background