Die Woord vir Vandag

2019-11-03

Leef die gesalfde lewe

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Johannes 2:27 ABA

Die woord 'gesalf' beteken om uit te giet en in te vryf. In die Ou Testament het 'n priester olie oor sy kop uitgegooi, wat gesimboliseer het dat die Gees van God op hom rus soos hy elke dag sy take uitgevoer het. Nou beweeg ons vorentoe na die tydperk waarin ons vandag lewe en lees dit weer: 'Maar julle moet onthou dat Jesus julle met die Heilige Gees gesalf het, en die Heilige Gees bly in julle harte...' Jy is met ander woorde 'n houer van God se Gees. Wanneer sy Gees in jou leef, affekteer dit elke area van jou lewe. Dink net wat se voordeel dit vir jou inhou wanneer dit by jou verhoudings, jou loopbaan, jou gesondheid, jou besluite, jou probleme, jou huwelik en jou bediening kom. Dink net wat dit doen wanneer jy onder stres verkeer en oorweldigende probleme moet hanteer. Verder, is die salwing van God se Gees wat in jou leef, ook aan ander oordraagbaar. Wanneer jy Skriftuurlike woorde van vertroosting en bemoediging tot iemand spreek, werk daardie woorde lank nadat jy weg is nog steeds, omdat hulle met God se teenwoordigheid deurtrek is. In die Ou Testament het God vir Moses gesê: 'Sê vir die Israeliete dat hierdie mengsel van olie vir hulle en vir alle geslagte wat kom, iets is wat uitsluitlik bedoel is om mense en dinge aan God te wy' (Eksodus 30:31 DB). 'Vir alle geslagte!' Dit beteken dat jou kinders en kleinkinders ook met God se Gees gesalf kan word. Die Psalmdigter het gesê: '...Dis asof U my met vars olie salf' (Psalm 92:11 NLV). Bid elke oggend wanneer jy wakker word: 'Here, salf my met vars olie vandag.' Gaan dan uit en raak ander met daardie salwing aan!

Sielskos: Gen 5:22-24; Heb 11:5; 2 Kon 2:1-12; Hand 1:9-11

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background