Die Woord vir Vandag

2019-11-04

Die genesende krag van vergifnis

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Lukas 6:28 NLV

Aand na aand is Marie deur haar pa aangerand wanneer hy in 'n dronk woedeaanval van die kroeg af by die huis gekom het. Die eerste kans wat sy dus kon kry, het sy die huis verlaat. Na genoeg tyd, het haar fisiese letsels begin genees, maar emosionele letsels kan 'n leeftyd hou. Hulle kan jou in die verlede vasgevang hou en jou waardevolle verhoudings kos. Selfs die mense wat vir jou lief is kan moeg raak en wanhopig voel dat jy nooit gaan beter word, ten spyte van hulle beste pogings om jou te help nie. Ken jy so iemand? Is jy daardie iemand? Wil jy vorentoe na genesing en vreugde beweeg? Jy kan. Marie het dit gevind toe sy besluit het om haar pa te vergewe en vir hom begin bid het. Dis toe dat sy begin het om geestelik en emosioneel heel te word. Sy het aangehou om hom te vergewe en vir hom te bid, totdat haar ou herinneringe haar nie meer gevange gehou het nie. Jesus het gesê: '...Bid vir hulle wat julle seermaak.' Jy mag dalk niks gedoen het om dit te veroorsaak of te verdien nie, jou oortreder kon jou vir redes wat jy dalk nooit sal verstaan nie seergemaak het. Dis hoekom Jesus op die kruis gebid het: '...Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!...' (Lukas 23:34 NLV). Dit laat nie jou oortreder daarmee wegkom nie. Hulle sal met die skuld van wat hulle gedoen het lewe en tensy hulle vir vergifnis na God toe draai, sal hulle geen vrede ervaar nie. Jy sal egter vrede hê! Wanneer jy besluit om iemand te vergewe en vir hulle te bid, neem jy jou mag terug en eis weer jou lewe vir jouself op.

Sielskos: 1 Kro 7:20-9:44; Joh 8:31-41; Ps 30; Spr 25:13-17

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background