Vreugde & Joy met Bertha le Roux-Wahl

Geskeduleer op

Donderdag 09:00 11:00

Vind vreugde in allerdaagse situasies

Tagged as ,
Neem 'n reis saam met Bertha om vreugde te vind in alledaagse situasies.

In die program Vreugde & Joy met Bertha Le Roux-Wahl, fasiliteer sy entoesiasties haar gaste se getuienisse.

Bertha het ‘n huishoudelike naam geword toe sy die rol van Emma in die gewilde Afrikaanse sepie, 7de Laan, op SABC2 vertolk het. Sy het 2002 by die program aangesluit en het gou ‘n bekende, vriendelike gesig op TV skerms geword. Sy het hierdie platform gebruik om die blydskap van die Here te versprei. Kykers het ge├»dentifiseer dat daar iets anders aan hierdie aktrise is en gou ontdek dat dit haar liefde vir God is.

Bertha is passievol daaroor om vreugde in die Christelike lewe terug te bring. ‘n Sterk fokus van haar program is die persoonlike verhouding tussen God en elkeen van Sy kinders. Sy neem luisteraars op ‘n reis om vreugde in alledaagse situasies te vind. Om die verskillende maniere te ontdek waarop God Sy liefde en blydskap in lewens openbaar, is ‘n hoogtepunt van elke program. Bertha is ook passievol daaroor om vreugde in die Christelike lewe en vir God se kinders terug te bring om ‘n persoonlike verhouding met Hom te h├¬.

Tydens Vreugde & Joy neem jy ‘n reis om vreugde in alledaagse situasies te vind. Om die verskillende maniere waarop God Sy liefde en blydskap in lewens openbaar, te ontdek. Vir Bertha is die belangrikste deel van Vreugde & Joy om saam met die luisteraars te leer. Om meer begrip te vind en uiteindelik ‘n nader verhouding met God aan te moedig.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Vreugde & Joy met Bertha le Roux-Wahl span

Bekende aktrise, aanbieder op Radiokansel, stemkunstenaar & sanger.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM