Die Woord vir Vandag

2023-10-15

'Ons weet'

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Romeine 8:28 NLV

Dit is een van die gerusstellenste Skrifgedeeltes in die Bybel en een van die wat die meeste aangehaal word: 'En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe' (vers 28 NLV). Hierdie vers is bedoel vir gelowiges; die verloste kinders van God wat die Here liefhet en volgens sy voornemens wandel en volgens Skriftuurlike beginsels werk.

Interessant genoeg vertaal die Bybel die woord 'weet' van 'n Griekse woord wat 'intuïtief' beteken. Iets binne-in ons sê: 'Ek verstaan dit nie en ek kan dit nie verduidelik nie, maar ek weet dat God aan die werk is en dat iets goeds daaruit sal kom.' Let die woorde: 'alles ten goede laat saamwerk,' op. Sal jy dit geniet om bakpoeier te eet? Wat van meel? Nee, maar wanneer jy hulle saamvoeg, 'n paar ander bestanddele bygooi, hulle meng en in die oond sit, kom daar iets 'goeds' daaruit.

Wanneer die Bybel na 'alles' verwys, sluit dit dinge wat pynlik, onregverdig en moeilik is, in. Die pad na die troon van Egipte het Josef deur verraad, laster, gevangenisstraf en teleurstelling gelei. Toe hy egter daarop terugkyk, kon hy sê: 'Wat my betref, het God die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is...' (Genesis 50:20 NLV). Dit waardeur jy tans gaan, werk ten goede vir jou op maniere wat jy nie nou kan sien of verstaan nie. Het jy God lief? Glo jy dat Hy 'n plan en 'n doel vir jou lewe het? Wil jy Hom graag behaag? Vertrou Hom dan om 'alles' ten goede vir jou te laat uitwerk.

Sielskos: Est 4:9-5:3; Heb 4:7-16

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background