Die Woord vir Vandag

2022-01-18

Wees sagmoedig (4)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 13:18 NLV

Wanneer iemand jou teregwys, moet jy onderrigbaar, nie onbereikbaar wees nie. '...wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie' (Jakobus 1:19 NLV). As jy die eerste twee dinge doen, sal die derde vanself in plek val. As jy gou is om te luister en stadig is om te antwoord, gaan jy stadig wees om jou humeur te verloor. '...Hy wat 'n teregwysing ter harte neem, ontvang eer.' Gebruik dus jou ore meer as jou mond en wees gewillig om teregwysing te aanvaar.

Die wysste mense is gewillig om by ander mense te leer. Jy kan by enigiemand leer, as jy weet wat die regte vrae is om te vra. Dis belangrik dat jy nooit ophou vrae vra nie, want die oomblik wat jy ophou om in die lewe te leer, is dit klaar met jou! Wees onderrigbaar en nie onbereikbaar nie.

Man, kan jy van jou vrou leer, of is dit vir jou 'n bedreiging? Wanneer sy 'n voorstel maak, raak jy verdedigend? Neem jy elke opmerking as 'n bedreiging tot jou manlikheid op? Vrou, kan jy by jou man leer? Ouer, kan jy by jou kinders leer? As jy met 'n eensame lewe wil opeindig, moet jy nooit jou foute erken, nooit van ander mense leer en nooit toelaat dat enigiemand jou iets leer nie.

Hoeveel tyd het verbygegaan vandat jy laas teenoor jy eggenoot erken het: 'Liefie, ek was verkeerd; dit was my fout'? Sommige mense het dit jare laas gesê. Die Bybel sê: '...aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het...' (Jakobus 1:21 NLV). Wanneer jy God se Woord benader, moet jy dit met 'n sagmoedige, nederige houding doen wat sê: 'Here, ek is gewillig om onderrig te word.'

Sielskos: Gen 37-39; Luk 3:21-38; Ps 84; Spr 2:16-19

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background