Die Woord vir Vandag
2019-11-22
Weet wie jou lei
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Dr Charles Stanley sê: 'Gedurende 'n fotografiese toer het my groep vir amper drie ure op 'n wandelpad gestap toe ek 'n snaakse gevoel begin kry dat ons in die verkeerde rigting beweeg. Ek het die toerleier daaroor uitgevra en hy het my verseker dat alles reg was. Ek wou nie aanmatigend wees nie en het aangehou stap. Na 'n paar minute het ek agtergekom dat my gevoel van ongemak my bygebly het; dit het inteendeel sterker geword. Ek het my kompas uitgehaal en na die kaart gekyk. Ons was wraggies in die teenoorgestelde rigting van ons bestemming op pad. Dit het ons amper 'n uur en 'n half geneem om terug te stap na die punt waar ons die verkeerde afdraai geneem het. Teen die tyd wat ons egter by ons regte bestemming uitgekom het, was die tydperk waarin ons foto's kon neem, ongelukkig kortgeknip. Hierdie gebeurtenis het my twee waardevolle lesse laat besef. Eerstens, wanneer ons voel dat 'n interne getuie ons aanmoedig om 'n sekere koers in te neem, moet ons daarna luister. Tweedens, wanneer ek en jy mense kies om ons te lei, moet ons seker maak dat hulle die pad vorentoe beter as ons ken. Het jy al ooit gevoel dat iets vir jou sê om aandag te gee of jou in 'n spesifieke rigting trek? Miskien het jy na 'n preek geluister en aangevoel dat God vir jou sê om Hom in gehoorsaamheid te volg. Of miskien het jy in 'n restaurant ingestap en was onmiddellik met vrees vervul, asof jy vinnig moes wegkom. As jy 'n gelowige is, was daardie gevoelens heel waarskynlik die aansporings van die Heilige Gees wat met jou hart gepraat het, jou teen gevaar gewaarsku het en jou aangemoedig het om jou aan God se doelwitte te onderwerp.' Laat jou lewe vandag deur die Heilige Gees bepaal word.
Sielskos: 2 Kro 32-34; Joh 13:1-17; Ps 95; Spr 27:17-19
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







