Die Woord vir Vandag
2022-09-05
Jy kan besluit wat jou nalatenskap sal wees
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Toe Josia koning geword het, het hy die afgode uit Israel verwyder en die tempel begin herbou. Gedurende daardie tyd het 'n priester 'n paar lang verlore boekrolle wat God se Woord bevat, ontdek. Toe Josia hoor wat daarin staan, was hy diep ontroer toe hy besef hoe ver sy mense van God af beweeg het. Dus het hy 'n boodskap na die profetes Gulda gestuur om te vra wat van die volk sou word. Sy het vir hom gesê dat aangesien hy berou gehad het toe hy God se Woord gehoor het, sou sy volk solank as wat hy lewe, gespaar bly (sien verse 14-27).
'n Hele generasie het as gevolg van die integriteit van een man, genade ontvang. Daardie een man het egter baie gehad om te oorkom. Josia se oupa, Manasse, was soos die Hitler van die Ou Testament. Hy het '...so baie onskuldige bloed vergiet dat hy Jerusalem van hoek tot kant daarmee vol gemaak het...' (2 Konings 21:16 NLV). Josia se pa is deur sy eie manskappe om die lewe gebring. Josia was net agt jaar oud toe hy die troon bestyg het. Hy het dadelik geregtigheid gekies en sy hele lewe lank gedoen wat reg is.
Wat is die punt? Jy kan nie jou ouers kies nie, maar jy kan jou rolmodelle kies. Jy kan nie jou verlede kies nie, maar jy kan bo dit uitstyg. Jou ouers mag dalk vir jou jou DNS gegee het, maar Jesus sal vir jou 'n nuwe begin gee. 'Omdat julle God se kinders is wat Hy liefhet, moet julle sy voorbeeld volg' (Efesiërs 5:1 NLV). Jou verlede hoef nie jou tronk te wees nie. Kies dus die regte toekoms en eendag - generasies van nou af - sal ander mense God vir jou nalatenskap dank.
Sielskos: Eseg 1-4; Mark 10:13-22; Ps 111; Spr 19:18-20
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




