Die Woord vir Vandag

2022-09-06

Bly staande, hou aan glo, hou aan veg

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Hebreërs 10:36 NLV

Satan bestudeer jou. Hy verstaan jou sterk- en swakpunte en weet hoe om jou tot by jou perke te druk. Wanneer jy egter staande bly, aanhou glo en aanhou veg, sê die Bybel: 'Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard! As die toets sy geloof as eg bewys, sal hy die lewe as oorwinningskroon ontvang...' (Jakobus 1:12 NLV). Wanneer jou karakter en deursettingsvermoë getoets word, kwalifiseer oorwinning jou vir groter dinge.

Jy vra: 'Hoe lank sal hierdie toets aanhou?' Net God weet. God het die leër van Israel vir veertig dae lank teengestaan (sien 1 Samuel 17:16). Satan het Daniël se gebede vir een-en-twintig dae verhinder (sien Daniël 10:13). Satan is meedoënloos, dus moet jy ook wees.

Wanneer dit by gebed kom, moet jou volharding sy weerstand oorwin. 'Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie... Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het' (Hebreërs 10:35-36 NLV).

Dawid het nie met Batseba in die moeilikheid gekom totdat hy die slagveld verlaat het nie (sien 2 Samuel 11:1). Hou dus aan veg en God sal jou te hulp snel. Hy het dit vir Josua gedoen. Toe Josua ekstra tyd nodig gehad het om sy vyande te verslaan, het God die son laat stilstaan en tyd gestop (sien Josua 10:12). Toe Jesus tien melaatses gesond gemaak het, sê die Bybel: '...Terwyl hulle soontoe op pad was, het hulle gesond geword' (Lukas 17:14 NLV). Hulle het seker gewonder: 'Wanneer gaan dit gebeur en hoe gaan dit gebeur?'

Geloof vereis nie details en verduideliking nie; dit hou net aan vorentoe beweeg terwyl dit God vir die regte resultaat glo.

Sielskos: Eseg 5-9; Mark 10:23-34; Ps 142; Spr 19:21-23

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background