Die Woord vir Vandag

2022-09-21

God het jou geplaas waar Hy jou wil hê

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Ester 4:14 NLV

Die verhaal van Ester leer ons twee belangrike waarhede: 1) Jy het mentors nodig om jou te lei. Omdat sy bereid was om na Mordegai te luister, het Ester ontdek dat haar roeping nie net was om koningin te wees nie, maar om haar volk te red. Wie ken jou goed genoeg om jou roeping in die lewe te verduidelik en te bevestig? Wie is lief genoeg vir jou om jou uit te daag wanneer jy die pad byster raak en om jou te versterk en te bemoedig wanneer jy wil tou opgooi en weghardloop? Ons almal het blinde kolle, ons benodig mense met 20/20 visie om inspraak in ons lewens te hê. Josua het na Moses geluister. Timoteus het na Paulus geluister. Rut het na Naomi geluister. Na wie luister jy?

2) Jy moet weet dat jy op die plek is waar God wil hê jy moet wees. Mordegai het Ester uitgedaag en haar lewe verander deur te sê: '...Wie weet, of dit nie miskien juis met die oog op 'n tyd soos hierdie is dat jy koningin geword het nie!' Ester moes tussen haar gemak en roeping kies. Dis 'n keuse wat jy ook moet maak. Jy vra: 'Wat is my roeping?' Dit kan jou werk, jou huwelik, jou take as ouer, of jou vriendskappe behels. Dit kan die buurt waar jy woon of om by jou kerk vrywilligerswerk te doen, behels.

Een ding is egter seker: Wanneer God roep, is dit jou 'tyd.' Jy mag dalk in die versoeking kom om te dink dat jy op die oomblik net water trap, terwyl jy vir 'n ander tyd of 'n belangriker geleentheid wag. Nee, jy kan nie jou tyd kies nie; God doen dit! Die Psalmdigter het gesê: 'My toekoms is in u hande...' (Psalm 31:15 NLV).

Sielskos: Eseg 46-48; Mark 14:27-42; Ps 3; Spr 21:4-8

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background