Die Woord vir Vandag

2022-10-15

Probleemoplossing (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 18:30 NLV

John Maxwell skryf: 'Hoe reageer jy wanneer jy voor 'n probleem te staan kom? Ignoreer jy dit en hoop dit gaan weg? Het jy in die verlede sulke slegte ervarings gehad toe jy probleme probeer oplos het dat jy net sommer tou opgooi? Of pak jy hulle gewillig aan? 'n Mens ontwikkel die vermoë om probleme doeltreffend te hanteer deur ervaring te kry in die hantering en oorkoming van struikelblokke. Elke keer wanneer jy nog 'n probleem oplos, raak jy meer geoefen daarmee. As jy egter nooit probeer, misluk en weer probeer nie, sal jy dit nooit goed leer doen nie.'

Die skrywer George Matthew Adams het gesê: 'Wat jy dink, beteken meer as enigiets anders in jou lewe. Meer as wat jy verdien, meer as waar jy woon, meer as jou sosiale posisie en meer as wat enigiemand anders van jou mag dink.' Die meeste van koning Dawid se probleme was vyande wat hom wou oorwin. Hy het egter vertroue in God gehad: 'Met U loop ek 'n leër storm; met my God spring ek oor 'n muur (vers 30 NLV).

Doen die volgende om jou vaardighede in probleemoplossing te verbeter: 1) Vind die regte strategie. Soms vind ons dit moeilik om 'n probleem op te los, omdat ons nie weet hoe om dit aan te pak nie. Probeer om die akroniem T.E.A.C.H. te gebruik: Time - neem die tyd wat nodig is om die ware kwessie te ontdek. Exposure - vind uit hoe ander soortgelyke probleme opgelos het. Assistance - moenie dit alles alleen probeer doen nie, laat ander mense toe om jou te help. Creativity - oorweeg verskeie oplossings. Hit it - voer die beste oplossing uit.

2) Omring jouself met probleemoplossers. 'Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid' (Spreuke 13:20 NLV).

Sielskos: Ef 4:17-6:24; Joh 3:22-36; Ps 89:15-37; Spr 23:15-18

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background