Die Woord vir Vandag
2019-10-29
Mediteer oor God se Woord
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Wanneer jy verby die punt kom waar jy net eenvoudig jou Bybel lees en die tyd neem om elke dag oor sy waarhede te mediteer, begin jy soos God dink. Petrus was so afhanklik van Jesus se woorde dat hy gesê het: '...Here, na wie toe sal ons teruggaan? U het die woorde wat ewige lewe gee' (Johannes 6:68 NLV). Job het ook gesê: '...Wat Hy sê, het ek in my hart bewaar' (Job 23:12 NLV). Vraag: Wanneer laas het jy 'n maaltyd misgeloop sodat jy tyd kon spandeer om oor die Skrif te mediteer? Terwyl jy oor God se Woord mediteer, ontwikkel jy 'n gedagtepatroon wat jou in staat stel om bo jou vrese uit te styg. 'Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het' (Jesaja 55:11 NLV). Hoor jy? God se Woord sal God se doelwitte in jou lewe bereik! Dis hoekom Satan met jou sal veg oor die tyd wat jy neem om Bybelstudie te doen. Die waarheid is dat jy nie tyd kry nie, jy maak tyd! Die profeet Jesaja het gesê: '...Elke oggend spits ek my ore om verder by die Here te leer' (Jesaja 50:4 DB). In 'n wêreld wat dikwels van toewyding gestroop is, belowe God: 'Ek sal nie op jou opgee nie. Ek sal aanhou werk aan jou totdat jy helder in jou persepsies, sterk in jou geloof en gebalanseerd in jou geestelike wandel is. Soos jy oor my voorskrifte mediteer, sal jy in 'n nuwe rigting begin beweeg. Wanneer dit gebeur, sal jou lewe begin voorspoedig raak.' Begin dus van vandag af oor God se Woord mediteer.
Sielskos: 1 Kro 1-2; Joh 7:45-53; Ps 9; Spr 24:30-34
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






