Die Woord vir Vandag

2025-12-19

Jou nuwe opstandingsliggaam (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Korintiërs 15:43 NLV

Luister na dagstukkie

Ons nuwe liggaam mag dalk 'n glansende kwaliteit hê. Toe Moses tyd met God deurgebring het, het iets ongewoons met hom gebeur - sy gesig het begin blink (sien Eksodus 34:29). Iets soortgelyks het met Jesus gebeur: 'En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy gesig verander, en sy klere het skitterend wit geword' (Lukas 9:29 NLV). In Openbaring 21:23 lees ons dat die hele Nuwe Jerusalem deur die heerlikheid van God en die opgestane Christus verlig sal word.

Die Bybel sê ook: 'Hulle wat ander mense leer, sal skitter soos die naghemel. Hulle wat baie mense lei om regverdig te word, sal vir ewig en altyd soos sterre skyn' (Daniël 12:3 NLV). 'Dan sal dié wat reg voor God gelewe het, soos die son skitter in die koninkryk van hulle Vader...' (Matteus 13:43 NLV). 'Ons daarteenoor het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Redder. Hy sal ons vernederde liggame verander met goddelike heerlikheid, soos sy eie...' (Filippense 3:20-21 NLV). 'Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk' (1 Johannes 3:2 NLV).

Een pastoor skryf: 'Die Here Jesus Christus het deur sy opstanding die betaling, die bewys en die bloudruk van ons eie opstanding voorsien.' 'Net soos ons nou 'n ewebeeld van Adam is, die mens uit die aarde, so sal ons eendag 'n ewebeeld van Christus wees, die mens uit die hemel' (1 Korintiërs 15:49 NLV). Jou nuwe opstandingsliggaam gaan in heerlikheid getooi wees!

Sielskos: Mal 1-4; Matt 1:1-6a; Ps 128; Spr 31:10-13

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background