David de Bruyn


David de Bruyn shows

Bible Perspective

Diep teologie & daaglikse toepaslikheid

Bible Perspective Radiokansel 657AM

David de Bruyn is ‘n radio-omroeper van die program Bible Perspective op Radiokansel. Hy is ook ‘n skrywer, spreker en dosent.

David het sy meestersgraad aan die Central Baptist Theological Seminary in Minnesota in die Verenigde State van Amerika verwerf, sowel as ‘n doktorsgraad in Teologie in Christelike Spiritualiteit deur die Universiteit van Suid-Afrika.

Hy is sedert 2003 predikant van die New Covenant Baptist Church in Johannesburg en doseer by die Shepherds Seminary Africa. Hier bied hy opleiding en mentorskap aan vir diegene wat geroep is om in die kerk van Jesus Christus te dien. Hy is ook ‘n gesogte konferensie-spreker en dien op die direksie van Religious Affections Ministries.

Hierdie gepubliseerde skrywer het boeke soos The Conservative Church, Save Them From Secularism: Pre-Evangelism For Your Children, en vele meer, neergepen. Baie van sy werke word gereeld op sy aanlyn-platforms gedeel. “Ek geniet dit om te lees en te skryf,” deel David. “In my vrye tyd geniet ek dit om nié te lees en te skryf nie,” sê hy tong-in-die-kies.

Luisteraars kan sedert 1999 die wysheid en openbaringe wat gewoonlik uit sy pen vloei op Radiokansel hoor. David het sy reis met radio begin toe hy ‘n regstreekse musiekprogram op ‘n gemeenskapsradiostasie aangebied het. Hy sê dat hy nog altyd van die krag en intimiteit van radio hou.

David wil mense aanmoedig om op die grootheid en almag van God te fokus. Hy wil die volle waarheid van God verkondig en mense aanspoor tot ware aanbidding.

Ek hoop dat luisteraars ‘n ryk uiteensetting van die Skrif in my program vind en dat ek hulle aangemoedig om Hom vir hulself te soek.

Hy leef volgens die woorde in Markus 12:29-30. “Die grootste doel van die lewe is om God te verheerlik deur Hom met ons hele hart te aanbid,” sê David. Skakel in vir Bible Perspective saam met David elke Sondag om 07:30.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM