Wouter van der Merwe


Wouter van der Merwe shows

Woordskool

Kweek 'n passie en liefde vir die Woord van God

Woordskool Radiokansel 657AM

Wouter van der Merwe bied die program ‘Woordskool op Radiokansel aan.

Wouter is met Dorothy getroud en is met drie kinders, wat al in hul twintigs is, geseën. Een van hul kinders werk reeds, terwyl die ander twee nog studente is. Hy het in die Oos-Rand grootgeword en teologie in Potchefstroom studeer. Wouter het later sy studies aan die Hatfield Christian Church voltooi.

Wouter was eers ‘n predikant by ‘n kerk in Delmas wat voorheen ‘n Hatfield-gemeente was. Hulle het later hul naam na Lewende Woord-gemeente verander. Hy is nou al 24 jaar deel van Lewende Woord. Op ‘n stadium was hy ook ‘n sendingpredikant vir die kerk. Hy is die herder van ‘n Nasionale Netwerk en is tans die senior pastoor by Lewende Woord Centurion waar hy die afgelope vyf jaar bedien.

Hy is passievol oor die Woord van God en om mense meer van die Woord te leer.

Ek glo met my hele hart dat die Woord mense se lewens handomkeer kan verander.

Daarom bied hy ook die program Woordskool aan.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM