Skenk nou jou aandrok en maak ‘n droom waar
Elke meisie verdien om pragtig te voel op haar Matriekafskeid.
Talitha Oosthuizen, Mev. Suid-Afrika Eerste Prinses, is op ‘n missie om eenduisend aandrokke vir Gauteng-matriekmeisies in te samel wat nie ‘n matriekafskeidrok kan bekostig nie.
Skenk jou nuwe of tweedehandse aandrok vóór 15 Junie en help om ‘n droom waar te maak.
Rokke kan by die Radiokansel kantoor in Kilnerpark, Pretoria, of by Bush Whisper Expeditions in Benoni afgelaai word. Jy kan dit ook via Postnet na Postnet Linksfield Square stuur.
Is jy ‘n matriekleerder wat ‘n rok nodig het? WhatsApp jou naam en skool na 082 377 0085.
Sáám, laat ons drome waar word.