Steeds geroep om sout en lig te wees

Written by on 25 Jul 2021

Ons is geroep om die sout en lig van die aarde te wees vir ‘n tyd ek ‘n plek soos dié. kom ons bring God se lig en smaaklikheid in ‘n donker tyd.

Daar word in die Bybel telkemale in die Ou en Nuwe Testament verwys na “sout” en “lig”. Dit word binne verskillende verwysingsraamwerke gedoen, maar die betekenis van “sout” en “lig” wat vir my uitstaan kom in die Nuwe Testament voor.

In Markus 9:50 word sout met ons ingesteldheid vergelyk:

Sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.”

Markus 9:50

In die vorige vers skryf hy,

Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.

Markus 9:49

Dit is interessant om te sien dat daar twee opdragte na mekaar volg:

  1. “Julle moet sout in julle hê”; en
  2. “… vrede hou met mekaar.”

Die vuur van die Here “sout” ons. Wanneer ons vurig is vir Hom, is ons soos sout wat nie verslaan nie, ons is “smaaklik”. Ons “vuur” vir die Here moet egter nie twis veroorsaak nie, maar ons moet in vrede met mekaar leef.

In Kollosense 4:6 is daar nog ‘n opdrag:

Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle weet hoe julle iedereen moet antwoord.” ‘n Passie vir die Here en sy werk lei dus tot vrede, wanneer ons wys met ons woorde omgaan.

Kol 4:6

‘n Lewe wat met sout besprinkel is

Ons passie (vuur) bring lig voort. Vuur is sekerlik die mees basiese vorm van nie alleen hitte nie, maar ook van lig wat mense “ontdek” het. Die “vuur” vir die werk van die Here wat in ons brand, lei tot lig in duisternis.

In Mattheus 5:14 word ons beskryf as die lig van die wêreld. “’n Stad wat bo-op ‘n berg lê kan nie weggesteek word nie en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.”

Hierdie verwysings na beide “sout” en “lig” dui op uithouvermoë om met passie die werk van die Here te voltooi en nie in die proses “lou” te word of “uit te brand” nie.

Mag die Here jou en my seën met krag, wysheid en vrede om sy werk volhoubaar te voltooi, met ‘n brandende passie vir Hom wat soos ‘n lig op ‘n berg sy hele omgewing verlig.

Vir daaglikse inspirasie, lees ons Woord vir Vandag, of vind ons potgooie by iono.fm

Geskryf deur Jean Lung


Lees verder

Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM