Die Woord vir Vandag

2020-07-25

Oorwin versoeking

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Matteus 26:41 NLV

Hoekom het Jesus vir sy dissipels gesê: 'Wees waaksaam en bid. Anders sal die versoeking vir julle te sterk word. 'n Mens se gees is wel gewillig, maar jou liggaam hou nie altyd by nie'? Omdat Hy weet dat ons nie sonder die inwonende krag van die Heilige Gees opgewasse is teen die versoekings wat oor ons pad kom nie. Jesus het nie aan die dissipels se liefde of hulle gewilligheid om Hom te dien getwyfel nie, maar Hy het geweet dat hulle dit nie in hulle eie krag kon doen nie. Jy kan ook nie. Jy sal nooit van versoeking ontslae wees nie, maar jy hoef nie daaraan toe te gee nie. Jou nuutgeskape gees kan inderwaarheid nie daaraan toegee nie, omdat sonde geen aantrekkingskrag het nie. Jou ou 'vlees' sal egter altyd tot sonde aangetrokke wees. Wanneer jy 'n Christen word, verhoog die frekwensie, verskeidenheid en intensiteit van die versoekings wat jy in die gesig moet staar. Hoekom? Omdat Satan, 'die verleier,' nie maklik beheer opgee nie. Hy sal jou aanhoudend en op verskillende fronte aanval. Die Bybel sê dat ons voor baie beproewings te staan sal kom (sien 1 Petrus 1:6). Wat is die antwoord? Baie genade! Die oomblik wat versoeking sy lelike kop uitsteek en voor jy nog kans kry om daarop te reageer, put krag uit God se genade. Hoe doen jy dit? Jesus het gesê: 'Vra God om julle te help om nie verkeerde dinge te wil doen nie. Ek weet julle sê julle wil graag die regte dinge doen, maar dit gebeur nie altyd so nie, nie waar nie? Wees daarom altyd op en wakker' (Matteus 26:41 DB). Skape het nie die krag of die vaardighede om die wolf te oorwin nie. Hulle het egter die strategie! Hulle beweeg net nader aan die Skaapwagter, wat dan met die wolf afreken.

Sielskos: Hand 18-19; Luk 9:37-45; Ps 42:6-11; Spr 16:17-19

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background