Die Woord vir Vandag

2022-08-30

Jy kan nie mense verander nie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 13:12 NLV

Jy sê: "'n Man of vrou kan sekerlik verander wanneer hulle die regte maat ontmoet?" Nee. Net God kan mense verander - en jy is nie God nie! Wanneer jy ook die behoefte het dat jou maat jou konstant nodig moet hê, kan dit veroorsaak dat jy rampspoedige verhoudingskeuses in die lewe maak. Miskien het jy al verhale gehoor van mense wat yslike veranderinge in hul huwelik ondergaan het. Die waarheid is egter dat die krag om te verander van binne daardie persoon self moet kom, nie van jou af nie. Wanneer jy probeer om jou eggenoot te verander, werk dit nie en uiteindelik sal jou hoop vir verandering in mismoedigheid verander.

Die Boodskap stel dit as volg: 'Drome wat nie waar word nie, bring hartseer.' Wanneer jy aanhou smag na iets wat nooit realiseer nie, raak jy hartseer. Jy begin dan verskonings maak vir dit in die verhouding wat nie werk nie, selfs al word dit duidelik vir diegene rondom jou dat daar probleme is. Gesonde verhoudingsbesluite word nie op hoop gebaseer nie. Voeg daarby die feit dat gelowiges dikwels probeer om elke saak te vergeestelik - in die naam van 'geloof' ignoreer hulle dan hul instinkte. Dis nie wat geloof in God beteken nie!

Geloof in God moet eenvoudig dit wees - geloof in God. Ons moenie ons geloof in feilbare mans en vrouens plaas nie, want hulle sal ons faal. God gee vir elkeen van ons 'n wil, maar Hy forseer ons nie om te verander nie. Verandering moet van binne elkeen van ons kom, wanneer ons die genade wat God elke dag na ons toe uitreik, aanvaar. '...Die Here het [Lydia se] hart oopgemaak sodat sy ontvanklik was vir Paulus se boodskap' (Handelinge 16:14 NLV). Hier is 'n beter opsie: Bid vir hulle en laat God hulle verander!

Sielskos: Gal 4-6; Mark 9:1-13; Ps 119:161-168; Spr 19:3-8

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background