Die Woord vir Vandag
2022-09-08
Moenie jou vrede verloor nie
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Satan weet dat God se Woord net met 'n hart en gedagtes wat vrede het ontvang kan word, dus sal hy alles doen wat hy kan om te sorg dat jy ontsteld bly. Hy is mal daaroor wanneer jy net voor kerk in 'n argument betrokke raak en die hele kerkdiens deur sleg voel. Dis hoekom jy alles in jou vermoë moet doen om jou vrede te bewaar. As die duiwel jou nie kan ontstel nie, het hy geen mag oor jou nie. Hy hou jou ontsteld sodat hy jou vrede kan steel, jou kan verwar en jou in sirkels kan laat hardloop. Moenie hom toelaat om dit te doen nie!
Die volgende keer wat jy oor iets opgewerk raak, stop en vra jouself af: 'Wat probeer die Vyand hier doen? As ek tot hierdie emosies ingee, wat sal die resultaat wees?' Wanneer jy gestres is, verloor jy jou vreugde. Wanneer jy jou vreugde verloor, verloor jy jou krag, want: '...die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!' (Nehemia 8:10 NLV). Dis dus noodsaaklik dat jy selfbeheersing uitoefen en jou vrede probeer behou.
Die Bybel sê: 'Maar as 'n mens leef soos God dit in sy wysheid bedoel het, sal jou lewe heeltemal anders lyk. Dit sal 'n lewe wees waarop die sonde geen houvas het nie. So iemand sal in vrede met ander mense saamleef... hy vergewe ander maklik en doen graag dinge vir ander sonder om iets terug te verwag... Dit is belangrik om in vrede met mekaar te leef. Sorg dat waar jy gaan, vrede jou soos 'n skaduwee sal volg. Om in vrede met mekaar te leef is reg en mooi voor God' (Jakobus 3:17-18 DB). Om met ander mense oor die weg te kom kan harde werk wees, maar dis die moeite werd om vrede te kan hê.
Sielskos: Eseg 14:1-16:52; Mark 11:1-11; Ps 112; Spr 20:1-4
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




