Die Woord vir Vandag

2022-09-09

Moet nooit jou passie vir God verloor nie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 69:10 NLV

Is jy passievol oor God, of bloot passief? Let op die stappe wat na Petrus se ontkenning van Jesus gelei het. Stap een: '...Simon, Simon!.. die Satan het ernstig geëis om julle soos koring te kan sif, maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie moet begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou medegelowiges gaan ondersteun' (Lukas 22:31-32 NLV). Jesus waarsku Petrus dat hy 'n teiken is, maar Petrus glo Hom nie.

Stap twee: 'Nadat hulle Jesus toe gearresteer het, het hulle Hom weggelei en in die huis van die hoofpriester ingebring. Petrus het op 'n afstand gevolg' (vers 54 NLV). Petrus was een van Jesus se naasste dissipels, maar nou het hy Hom op 'n afstand gevolg.

Stap drie: "'n Sekere diensmeisie... [sê]: 'Hý was ook saam met daardie man.' Petrus het dit egter heftig ontken: 'Vrou, ek ken Hom glad nie!'" (verse 56-57 NLV).

Stap vier: 'Die Here het omgedraai en Petrus stip aangekyk. Petrus het die Here se woorde onthou toe Hy aan hom gesê het: 'Voordat die haan nog vannag kraai, sal jy drie keer ontken dat jy My ken.' En hy het buitetoe gegaan en onbedaarlik gehuil' (verse 61-62 NLV).

Hier is hoe dit werk: Eerstens neem jy aan dat jy nie sal val nie, dus is jy onvoorbereid vir Satan se aanval. Vervolgens laat jy die probleme en druk toe om jou te laat vergeet dat jou eerste verpligting altyd teenoor die Here moet wees. Uiteindelik eindig jy geestelik oorwonne op. Die rede hoekom Satan jou soos koring wil sif, is omdat hy weet dat wanneer jy passievol daaroor word om God se wil te doen, jy onstuitbaar sal wees. Moet dus nooit jou passie vir God verloor nie.

Sielskos: Eseg 16:53-19:14; Mark 11:12-26; Ps 27; Spr 20:5-6

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background