Die Woord vir Vandag

2022-10-08

Kan jy tereggewys word?

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Samuel 12:13 NLV

God het die profeet Natan gestuur om koning Dawid oor sy owerspel met Batseba te konfronteer. As koning, het Dawid die mag gehad om Natan ter dood te veroordeel. Hy het egter nie. Hy het homself nederig gemaak, teregwysing ontvang, berou gehad en is op sy troon en in God se guns herstel.

Vraag: Kan jy tereggewys word? As jy kan, is jou toekoms blink en jou potensiaal groot. Jy moet egter onderskeidingsvermoë aan die dag lê. Nie alle teregwysing is opbouend nie en hoef dus nie aanvaar te word nie. Iemand mag jou dalk probeer afbreek, jou selfvertroue probeer vernietig of jou probeer manipuleer om hulle manier van dink te aanvaar. Jy moet dit dus 'n gewoonte maak om die beweegredes van die persoon wat jou teregwys, te analiseer.

Vra jouself die volgende vrae af: 1) Het hierdie persoon in die verlede 'n opregte belangstelling in my persoonlike welstand en ontwikkeling getoon?
2) Wat bereik hy of sy persoonlik as ek doen wat hulle aanbeveel? Wat kry ek daaruit? Wat verloor ek?
3) Is hulle houding een van goedhartigheid, of voel dit of ek aangeval en verneder word? (Wees versigtig; moenie 'n persoon se irritasie oor jou gedrag met 'n persoonlike aanval verwar nie).
4) Nadat hulle my gekritiseer het, voel ek soos 'n hopelose mislukking of het hulle geloof in my kapasiteit om te verander, gekommunikeer?
5) Is hulle toegewyd daaraan om deur hierdie veranderinge by my te staan?

Die Bybel sê: 'Die wonde van iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee' (Spreuke 27:6 NLV). Aangesien God jou so liefhet dat Hy mense oor jou pad stuur om jou tereg te wys, ontvang hulle, omdat hulle jou beste belange op die hart dra.

Sielskos: 1 Sam 18:1-20:29; Joh 1:43-51; Ps 29; Spr 22:26-29

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background