Die Woord vir Vandag

2021-10-25

Hoe om te de-stres

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Eksodus 33:14 AFR83

Beantwoord die volgende vrae eerlik. 1) Is jy soms knorrig sonder om te weet hoekom? 2) Werk jy hard maar voel ongewaardeer? 3) Voel jy skuldig en onproduktief wanneer jy ontspan? 4) Bevind jy jouself waar jy skree om jou punt te maak, eerder as om kalm daaroor te praat? 5) Kan jy die laaste keer onthou wat jy gelag het totdat die trane geloop het? 6) Is jy moeg na 'n afdag as gevolg van al die take wat jy moes verrig? 7) Neig jy om meer te eet wanneer jy gespanne en oorweldig voel? 8) Is jy gedurig op die verdediging? 9) Ly jy aan onverklaarbare maagpyne en hoofpyne? 10) Het jou doenlysie voetnotas?

Hoe het jy met hierdie toets gevaar? Is jy verras? As jy in pas met jouself is, behoort jy nie te wees nie. Die simptome van stresoorlading kom nie oornag voor nie. Wanneer jou rekenaar begin vries, weet jy dat dit tyd is om hom af te sit en weer aan te sit. Wanneer 'n waarskuwingslig op jou paneelbord flikker, sal jy nie droom om dit te ignoreer nie. Wanneer die badkamerskaal se wysertjie soos 'n waaier begin tol, weet jy dat dit tyd is om minder koek te eet!

Die punt is: as jy aanhou om die waarskuwingstekens te ignoreer, sal stres uiteindelik 'n tol van jou gesondheid eis. Jesus het gesê: '...Julle moet regtig nie ontsteld of beangs word nie' (Johannes 14:27 NLV). Met ander woorde, werk daaraan om jou reaksies te beheer. Hou op om oor elke klein dingetjie wat in jou lewe verkeerd gaan, jou vrede te verloor. Wanneer jy niks aan die situasie kan doen nie, moet jy leer om God te vertrou, dit te laat gaan en jou vreugde te behou.

Sielskos: Esra 1-2; Joh 6:25-34; Ps 98; Spr 24:15-18

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background