Die Woord vir Vandag

2021-12-07

Hoe om jou visie te ontdek (4)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Handelinge 10:3-4.NLV

Wanneer God die status quo wil verander, begin Hy dikwels deur iemand 'n visie te gee. Dis hoe 'n eeue-oue grens oorgesteek is en die heidene toegelaat is om die evangelie vir die eerste keer aan te hoor. Het jy geweet dat jy 'n Christen kan wees en steeds bevooroordeeld kan wees? Jy kan inderwaarheid 'n gelowige wees en bevooroordeeld teenoor mense wees wat jy nie ken of verstaan nie, omdat jy hulle jou hele lewe lank vermy het en hulle geoordeel het.

Jesus het vir sy dissipels gesê: 'Hierdie Goeie Nuus van God se koningsheerskappy sal eers in die hele wêreld, aan al die nasies, verkondig word voordat die einde kom' (Matteus 24:14 NLV). Petrus was by toe Jesus dit gesê het. Hy het egter nie geluister nie, of nie gehou van dit wat hy hoor nie. In daardie dae was die skeiding tussen die Jode en die heidene so groot soos die skeiding tussen swart en wit mense voor die burgerregtebeweging.

God het vir Petrus gesê om na die huis van Kornelius, 'n heiden - iemand wat Petrus as onrein geag het, te gaan en die evangelie daar te preek. Hoe het God dus Petrus se hart verander? Dit het nie net een nie, maar twee visioene geverg! God het vir Kornelius 'n visioen gegee waarin Hy vir hom gesê het om 'n Joodse prediker genaamd Petrus na sy huis toe te nooi om die evangelie daar te preek. Terselfdertyd het hy vir Petrus 'n visioen gegee waarin Hy vir hom gesê het: 'As Ek iemand aanvaar, mag jy hom nie durf verwerp nie!'

Die waarheid is dat wanneer God dinge wil verander, Hy die proses aan die gang sit deur iemand 'n visie te gee - en daardie iemand kan jy wees!

Sielskos: Kol 1-2; Joh 17:1-12; Ps 147:12-20; Spr 29:6-10

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background