Die Woord vir Vandag
2019-11-20
Eindig sterk in die bediening (3)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Hier is nog 'n kwessie waarmee pastore dikwels sukkel: Hulle weet hoe om ander geestelik te voed, maar nie hulself nie. Voor Paulus die kerk in Efese die laaste keer verlaat het, het hy die kerkleiers byeen gebring en gesê: 'Pas julleself op en die hele kudde oor wie die Heilige Gees julle as ouderlinge aangestel het...' Voor God die bediening bou, bou hy die predikant; andersings word jy 'n maklike teiken vir die Vyand. Toe die administratiewe kant van die kerk gedreig het om die apostels se daaglikse gebed- en Bybelstudietyd weg te neem, het die apostels geantwoord: 'Óns sal dan al ons tyd bestee aan gebed en die bediening van die woord.' Pastoor, moenie net daarop fokus om jou preek voor te berei nie, berei ook jou gees voor! Moet nie net grense vir jou mense stel nie, stel ook grense vir jouself. Wanneer jy glo dat jy geestelike kortpaaie kan neem, maak dit jou vir verkeerde verhoudings en destruktiewe gewoontes ontvanklik. Uiteindelik lewe jy dan op twee vlakke - publieke diens en private stryd. Wanneer dit gebeur, lewe jy met die vrees van blootstelling, jy voel soos 'n skynheilige en jy gee die selfvertroue wat jy nodig het sodat God jou kan gebruik, prys (sien 1 Johannes 3:21,22). Gevolglik word die kerk geestelik beroof en ly hulle daaronder. Dus: wat het sukkelende diensknegte van God nodig? Geestelike vaders! Paulus skryf: 'Daar is baie mense wat vir julle leer van Christus... Maar julle het nie baie vaders nie...' (1 Korintiërs 4:15 NLV). Kry 'n volwasse, gesoute vriend in die bediening en reik uit na hulp voor jou probleem buite beheer raak. Dis nie net 'n goeie idee nie - jou oorlewing in die bediening mag dalk daarvan afhang!
Sielskos: 2 Kro 25-28; Joh 12:20-36; Ps 102:12-17; Spr 27:10-12
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







