Die Woord vir Vandag

2019-12-11

"'n Gees van vreesagtigheid"

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Timoteus 1:7 AFR53

Die Bybel sê vir ons dat vrees 'n 'gees' is. Hierdie gees het 'n brein wat dink en 'n stem wat spreek en as jy dit toelaat, sal dit jou beheer. As jy vandag in 'n stryd met 'n 'gees van vreesagtigheid' is, maak die volgende jou gebed: 'Here, u Woord sê dat wanneer ek u aangesig soek, sal U my hoor en my van al my vrese red (sien Psalm 34:5). Ek werp dus elke gedagte wat teen dit wat ek van U en u krag weet, neer (sien 2 Korintiërs 10:5). Ek staan op die belofte dat U my nooit sal verlaat of los nie (sien Hebreërs 13:5). Ek rus in die waarheid dat niks te moeilik vir U is nie (sien Jeremia 32:17). Ek verbly my in die versekering dat U alreeds u engele die verantwoordelikheid gegee het om my op al my paaie te beskerm (sien Psalm 91:11). Ek weerstaan die gees van vreesagtigheid en beveel dit om in Jesus se Naam te vlug (sien Jakobus 4:7). Deur geloof beveel ek dat u vrede, wat menslike verstand te bowe gaan, my hart en my gedagtes sal bewaak (sien Filippense 4:7). Dus sal ek nie toelaat dat my hart ontsteld of vreesbevange word nie (sien Johannes 14:27). In die Naam van Jesus bid ek. Amen.' In plaas daarvan om nou op die probleem te fokus, fokus op die Probleem-oplosser - God! Dit mag dalk nie onmiddellik jou probleme oplos nie, maar dit sal jou gedagtes met vrede vul terwyl jy wag vir God om te werk. Jesaja het gesê: 'U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is' (Jesaja 26:3 NLV). Soos jy deur vandag met jou gedagtes op God gerig beweeg, sal jy perfekte en konstante vrede hê.

Sielskos: Neh 11-13; Joh 19:1-16; Ps 105:8-15; Spr 30:5-9

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background