Die Woord vir Vandag

2019-12-12

Hoe om jou doelwitte te stel (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Handelinge 16:7 NLV

Ons het almal individuele gawes en lewensdoelwitte van God ontvang. Dis goed en reg om talentvolle, suksesvolle mense te bewonder en van hulle te leer, solank jy hulle nie probeer dupliseer nie. Dis goed en reg om hulle karaktereienskappe na te streef en hulle insette te soek, solank jy na God, die argitek van elkeen van ons se lewens, toe gaan en Hom vra om vir jou sy bloudruk van jou lewe te wys. Selfs al was dit Dawid se begeerte om die tempel te bou, het God vir hom gesê dat sy seun, Salomo, dit uiteindelik sou bou. Dawid se werk was om geld en materiaal vir die projek in te samel. As jy die tipe persoon is wat dinge laat gebeur, mag hierdie tipe denke teen jou grein ingaan. Lees dus die volgende en dink daaroor: 'Hulle [is]... deur die Heilige Gees verhinder om die woord op daardie stadium in die provinsie Asië te verkondig. Toe hulle naby Misië kom, het hulle Bitinië toe probeer gaan, maar die Gees van Jesus het hulle nie toegelaat nie. Hulle het toe deur Misië gereis na Troas toe. Daar het Paulus in die nag 'n visioen ontvang. Hy het 'n Masedoniese man gesien wat hom staan en smeek: 'Kom oor na Masedonië toe en help ons.' Nadat Paulus die visioen gesien het, het ons onmiddellik Masedonië toe vertrek omdat ons tot die oortuiging gekom het dat God ons geroep het om die evangelie daar te verkondig' (Handelinge 16:6-10 NLV). Laat God dus jou doelwitte bepaal en jy sal in die regte rigting beweeg.

Sielskos: Miga 1-4; Joh 19:17-30; Ps 105:16-22; Spr 30:10-14

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background