Die Woord vir Vandag

2019-12-31

Klim hierdie jaar uit jou groef uit!

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Deuteronomium 2:2-3 NLV

'n Bioloog het met sogenaamde 'professionele ruspes' geëksperimenteer. Hy het die ruspes agtermekaar op die randjie van 'n potplant neergesit, sodat die voorste en die laaste ruspe aan mekaar geraak het, met geen openinge in die parade nie. Die klein skepsels het vir 'n volle week op die rand van die pot geloop voor hulle van uitputting en honger gesterf het. Nie een keer het een van hulle uit die lyn uit beweeg of op die plant geklim om te eet nie. Kos was net sentimeters ver, maar hulle instink om die skare te volg was groter as die drif om te eet en te oorleef. Dieselfde het met 'n hele generasie Israeliete gebeur. Hulle het vir veertig jaar lank in sirkels in die woestyn geloop, terwyl hulle net sewentien kilometer van die Beloofde Land af was. As jy vandag in 'n groef is, vra jouself die volgende drie vrae af: 1) Is hierdie groef my eie maaksel? Ons kies 'n groef omdat dit gemaklik is en geen risiko inhou nie. Dit verg moed en 'n gewilligheid om moeilike keuses te maak om daaruit te kom. 2) Wie volg ek? Ons neem sekere patrone aan omdat iemand dit direk of deur hulle voorbeeld vir ons geleer het. In plaas daarvan om klakkeloos die skare te volg, soek eerder God se wil en wy jouself daaraan toe om dit te doen. 3) Waarheen is ek op pad? Die Bybel sê: 'Wanneer 'n volk nie duidelikheid het oor die wil van God nie, word hulle koersloos...' (Spreuke 29:18 NLV). As jy vandag uit jou groef uit wil klim, vra God om vir jou 'n visie te gee - Hy sal! Wanneer Hy dit doen, wy jouself volkome daaraan toe.

Sielskos: 1 Tess 4:1-5; 2 Kor 5:14-21; Ps 77:11-20; Spr 9:10-12

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background