Die Woord vir Vandag

2020-01-02

Die Here is hierdie jaar by jou

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Rigters 6:12 NLV

Daar word 'n verhaal vertel van 'n man wat 'n arend se eier in die nes van 'n werfhoender gesit het. Die arend het uitgebroei en tussen die klomp hoenders grootgeword. Sy hele lewe lank het die arend gedoen wat die hoenders gedoen het: in die grond vir sade en insekte geskrop, gekloek en gekekkel, en nooit meer as 'n paar voet van die grond af gevlieg nie. Een dag het hy egter 'n manjifieke voël gesien wat grasieus bo hom vlieg en gevra: 'Wat 'n pragtige skepsel? Wat word dit genoem?' Die hoender langs hom het geantwoord: 'Dis 'n arend, die koning van alle voëls. Moet jou nie aan hom steur nie, want jy sal nooit soos hy wees nie.' Dus het die arend teruggegaan om in die grond te pik en gesterf met die idee dat hy 'n werfhoender was. Wie het vir jou gesê dat jy nie potensiaal het nie? Wie het vir jou gesê dat jy nie sukses in die lewe sal behaal of 'n impak sal maak nie? Verseker nie God nie! Toe die Engel van die Here vir Gideon geroep het om Israel van die Midianiete te red, het hy met 'n lang lys verskonings, gereageer. Die engel het egter vir hom gesê: '...Die Here is by jou, dapper man!... Gaan met hierdie krag wat jy het en gaan bevry die Israeliete..! Dis Ek wat jou stuur' (verse 12-14 NLV). Let twee belangrike dinge in hierdie verhaal op. Eerstens het God oor Gideon se lewensdoel, nie sy huidige omstandighede nie, gepraat. Tweedens het God hom daaraan herinner dat dit nie van die gestuurde se krag nie, maar van die Een wat hom stuur se krag sou afhang of die stryd gewen sal word. Jy is vandag magtig, omdat God by jou is.

Sielskos: 1 Kor 1-4; Matt 3:11-17; Ps 90:1-6; Spr 1:1-4

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background