Die Woord vir Vandag
2026-10-17
Lewe een dag op 'n slag (2)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
In The Screwtape Letters het C.S. Lewis geskryf dat God wil hê dat die mensdom hoofsaaklik aan twee dinge aandag moet gee: 'Aan die ewigheid self en aan daardie tydstip wat hulle die Teenswoordige noem. Want die Teenswoordige is die punt waarop tyd die ewigheid aanraak.' In die lig van hierdie waarheid het Screwtape, die veteraan-demoon, 'n beginner, genaamd Wormwood, as volg aangeraai: 'Ons taak is om hulle weg van die ewige en van die Teenswoordige te stuur. Met dit in gedagte, versoek ons dus soms 'n mens om in die Verlede te leef.'
Screwtape het Wormwood toe van 'n ander demoniese taktiek vertel - om mense so ver te kry om in die toekoms te lewe. 'Ons wil 'n hele generasie hê wat voortdurend die einde van die reënboog nastreef, nooit eerlik, of vriendelik, of gelukkig oor waar hulle hulle tans bevind nie, maar besig om elke geskenk wat in die Teenswoordige aan hulle gebied word, op die altaar van die toekoms op te offer.'
Of ons nou lewenslange verslawings oorkom of lewensdoelwitte nastreef, die een sleutel om dinge te bereik, is om dit in hanteerbare en meetbare stappe op te breek. 'n Doelwit is 'n droom met 'n sperdatum. Suksesvolle programme wat alkoholiste en verslaafdes help om nugter te word en innerlike krag te vind, gebruik die slagspreuk: 'Een dag op 'n slag!' As jy 'n gewoonte wil breek, breek dit in meetbare stappe op. Jy sal, net soos in boks, 'n paar rondtes wen en 'n paar rondtes verloor. Jy moet egter een dag en een rondte op 'n slag veg. Voor jy jou oë uitvee, sal die dae wat jy wen baie meer as die dae wat jy verloor word.
Sielskos: Eks 33-35; Joh 5:1-15; Ps 87; Spr 27:4-6
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za







