Die Woord vir Vandag
2026-01-10
Demonstreer jou geloof
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Die Bybel sê: "...Jesus was besig om die Goeie Nuus aan hulle te vertel. Daar daag toe vier mans by Hom op wat 'n verlamde persoon op 'n mat dra. As gevolg van die baie mense kon hulle hom nie tot by Jesus bring nie. Daarom het hulle 'n gat deur die dak bokant Jesus se kop gemaak. Toe laat hulle die mat waarop die sieke gelê het, deur die dak sak. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man... 'Ek beveel jou, staan op, vat jou mat en gaan gesond na jou huis toe!' Net daar het die man opgespring, sy mat geneem en voor almal se oë buitetoe gegaan. Hulle was almal verstom en het God geprys en uitgeroep: 'So iets het ons nog nooit van tevore gesien nie!'" (verse 2-5, 11-12 NLV).
Let die woorde: 'Toe Jesus hulle geloof sien,' op. Het jy geloof wat God kan sien? Wat doen jy om vir God te wys dat jy Hom werklik glo en Hom op sy Woord neem? Dis belangrik om te bid en te glo, maar jy moet ook iets doen om jou geloof te demonstreer.
Wanneer jy soms jou grootste struikelblokke of teenstand in die gesig staar, is jy die naaste om jou oorwinning te behaal. Baie mense gee te maklik op. Jy sê: 'Ek het probeer, maar niks wat ek gedoen het, het gewerk nie.' Jy moet meer vasberade as dit wees. As jy nie deur die skare kan kom nie, klim boontoe en kom deur die dak af. Wees meedoënloos. Dis wat hierdie mans gedoen het en Jesus het hulle met 'n wonderwerk beloon. Wanneer jy bereid is om 'n vasberade geloof te demonstreer, kan Jesus dieselfde vir jou doen.
Sielskos: Lev 18-20; Luk 2:8-20; Ps 71:1-16; Spr 2:1-2
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za




