Die Woord vir Vandag
2022-10-10
Rig jou gedagtes
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Om jou gedagtes te rig is soos om 'n termostaat te stel; dit bepaal die klimaat waarin jy lewe. Rig dus jou gedagtes op God se Woord! In plaas daarvan om te probeer ophou om verkeerde gedagtes te dink - wat onmiddellik die tipe gedagtes oproep wat jy wil vermy - vul jou gedagtes met God se Woord. Jesus het vir sy dissipels gesê dat die Heilige Gees hulle aan alles wat Hy hulle geleer het, sou herinner (sien Johannes 14:26). Wanneer jy dus die Skrif in jou geheue liasseer, sal God se Gees jou help om die regte leêr te trek wanneer jy dit nodig kry.
Stel jou 'n amateurvlieënier voor wat deur sy eerste storm navigeer. Hy kan geen landmerke sien waar om hy moet vlieg nie, want hulle is in 'n miswolk gehul. Dan kom 'n stem van die kontroleur in die toring egter deur wat sê: 'Luister net na my en ek sal jou lei.' Jesus het gesê: 'Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin' (Johannes 16:33 NLV).
Paulus skryf: 'Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. As julle so bid, sal julle God se vrede beleef. Hierdie vrede is wonderliker as wat 'n mens ooit kan dink. Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos 'n veiligheidswag oppas' (Filippense 4:6-7 NLV).
Deur jou gedagtes op God se Woord te hou, sal jy vrede in enige situasie hê.
Sielskos: Lev 23:33-44; Joh 7:1-40; Sag 14:16-21; Heb 11:8-16
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseรซn het by gospel@radiokansel.co.za





