Die Woord vir Vandag
2022-10-11
Gedagtes oor goeie leierskap
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Maak nie saak hoe goed jou visie is nie, as jy nie iemand is wat mense wil volg nie, sal jou visie nooit realiseer nie. Wie jy is maak saak! Die belangrikste boodskap wat jy kan deel, is jouself. Hier is ses gedagtes oor goeie leierskap:
1) Vertroue verbind mense aan 'n leier se visie. Vertroue laat mense die visie aangryp en help om met die visie vorentoe te beweeg.
2) Leierskap gaan nie net oor wat jy doen nie; dit gaan daaroor om ander mense te inspireer en te bemoedig.
3) Net omdat jy die leier is, beteken nie jy kan ander mense stoomroller nie! Abraham Lincoln het gesê: 'Byna alle mans kan teëspoed verduur, maar as jy 'n man se karakter wil toets, gee hom mag.' Saam met mag kom die verantwoordelikheid om ander mense te dien, te ontwikkel en te bemagtig. Deur hulle te help groei, groei jyself.
4) Reëls sonder 'n verhouding lei tot teëstand. Jy kan 'n klomp reëls hê, maar as jy nie in mense belê en 'n verhouding met hulle ontwikkel nie, sal hulle rebelleer.
5) Paulus sê: 'En as die trompet nie 'n helder klank laat hoor nie, watter soldaat sal vir die geveg gereedmaak?' Lei dus met optimisme, entoesiasme en positiewe energie, en roei pessimisme en negatiwiteit uit. Die filosoof Nicholas Murray Butler het gesê: 'Optimisme is noodsaaklik vir prestasie, en dit is ook die grondslag van moed en ware vooruitgang.'
6) Goeie leiers het nie al die antwoorde nie, maar hulle stel 'n span saam wat die antwoorde het - of dit kan kry.
Sukses is 'n proses, nie 'n bestemming nie. Om sukses te behaal, moet jy op die mense en die proses, nie op die uitslag nie, fokus.
Sielskos: 1 Sam 20:30-23:29; Joh 2:1-11; Ps 131; Spr 23:1-3
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za





