Die Woord vir Vandag
2022-10-12
Tekens van die tye
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Daar word gesê dat die Titanic as gevolg van goedkoop boute wat uitgeskiet het toe die skip die ysberg tref en swak beplanning gesink het. Hoe stewig is die boute in jou geloof? Versterk hulle daagliks met God se Woord, in-diepte gebed en versterkende gemeenskap.
Jesus het die tekens van die eindtye as volg beskryf: 'Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd' (Matteus 24:8 AFFR83), en die geboortepyne teken die aanvang van die finale drukking aan. 'n Verloskundige sê: 'Dit sal vir 'n ruk baie seer wees, maar dit gaan beter word,' en Jesus bied aan ons dieselfde versekering rakende die gebeure wat in die eindtyd gaan plaasvind. Ons bevind onsself in die laaste ure - net 'n klein rukkie vanaf die geboorte van die nuwe tyd.
Johannes het gesê: 'Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien; want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan en die see het nie meer bestaan nie. Ek het ook... die nuwe Jerusalem... uit die hemel sien neerkom... soos 'n bruid wat vir haar eggenoot mooigemaak is. Ek het toe 'n kragtige stem van die troon af hoor sê: "Kyk, die tentwoning van God is nou onder die mense opgeslaan. Hy sal by hulle bly, en hulle sal sy volke wees en God sal self by hulle wees as hulle God. Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het eenvoudig verbygegaan.' Hy wat op die troon sit, het toe gesê: 'Kyk, Ek maak alle dinge nuut...'" (Openbaring 21:1-5 NLV).
Jou doel is nie om in een stuk uit hierdie wêreld te gaan nie, maar om soveel mense as moontlik saam met jou hemel toe te neem.
Sielskos: 1 Sam 24-26; Joh 2:12-25; Ps 23; Spr 23:4-5
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseรซn het by gospel@radiokansel.co.za





