Die Woord vir Vandag
2023-10-13
Kry die meeste uit jou Bybel (1)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Dink daaroor na, wanneer jy jou Bybel bestudeer, is dit soos om na goud of silwer te soek. Dit behels twee dinge: 1) Jy moet daarna soek. 'Soek daarna soos jy na silwer sou soek. Spoor dit op soos 'n versteekte skat. Jy sal dan... agterkom wat dit beteken om God te ken' (verse 4-5 NLV). Om eenvoudig by 'n myn af te loer en rond te kyk sal nie help nie. As jy die goud of silwer wil hê, moet jy aktief daarna soek. Die doel van hierdie dagstukkie is nie om gereelde Bybelstudie te vervang nie, maar om jou aptyt daarvoor aan te wakker. Volgens die Barna navorsingsgroep, lees slegs 9 persent van Christene die Bybel elke dag. Die vraag is, is jy een van hulle?
2) Jy moet daarvoor grawe. Die Gees van God wat binne-in jou is, praat met jou soos jy sy Woord lees. Daar word 'n verhaal vertel van 'n man wat mal daaroor was om sy Bybel te bestudeer. Elke keer wat hy iets teëgekom het wat hy nie verstaan het nie, het sy vriend Charlie in sy gedagtes opgekom. Charlie was 'n wonderlike student van die Bybel; Bybelse wyshede het sommer by hom uitgevloei. Wanneer die eerste man dus 'n vraag oor 'n vers in die Bybel gehad het, het hy na Charlie toe gegaan en gesê: 'Wat beteken hierdie vers? Wat probeer God hier vir my sê?' Een dag terwyl hy besig was om die Bybel te lees, het die Heilige Gees met hom gepraat en gesê: 'Hoekom vra jy My nie net nie? Ek is die een wat Charlie onderrig.' Verwag dus vandag van God om met jou te praat terwyl jy sy Woord lees, en Hy sal.
Sielskos: Ef 1:1-4:16; Joh 3:9-21; Ps 89:1-14; Spr 23:10-14
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






