Die Woord vir Vandag

2023-10-14

Kry die meeste uit jou Bybel (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 119:130 NLV

President Woodrow Wilson het gesê: 'Ek voel jammer vir die mense wat nie elke dag die Bybel lees nie; ek wonder hoekom hulle hulleself van die krag en plesier daarvan ontneem. Dit is een van die mees unieke boeke ter wêreld, want elke keer as jy dit oopmaak, straal een of ander teks wat jy al 'n hele paar keer gelees het skielik met 'n nuwe betekenis. Daar is geen ander boek waarvan ek weet waarvan dit waar is nie; daar is geen ander boek wat die betekenis daarvan so persoonlik gee, wat lyk asof dit so intiem pas by die einste persoon wat leiding soek nie.'

As jy die meeste uit jou Bybel wil kry, vra jouself die volgende vrae af: 1) Is daar 'n waarskuwing om op ag te slaan? 2) Is daar 'n belofte om op te eis? 3) Is daar 'n sonde om te laat vaar? 4) Is daar 'n bevel om te gehoorsaam? 5) Is daar 'n les om te leer? 6) Is daar 'n beginsel om toe te pas? 7) Is daar 'n voorbeeld om te volg?

Soos jy jouself hierdie sewe vrae afvra, hou 'n notaboek byderhand en skryf die antwoorde wat God jou gee neer. Jy sal verbaas wees oor die wysheid wat jy daaruit ontvang. Jou angs sal begin minder word, jou gedagtes sal opklaar en jy sal vrede ervaar. Johannes skryf: 'Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God' (Johannes 1:1 NLV). Let die frase: 'die Woord was self God,' op. Hoe meer jy jou Bybel lees, hoe meer sal jy God se teenwoordigheid en krag ervaar. Jy mag dalk selfs American Express se ou slagspreuk begin aanneem: 'Don't leave home without it.'

Sielskos: Ef 4:17-6:24; Joh 3:22-36; Ps 89:15-37; Spr 23:15-18

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background