Die Woord vir Vandag

2022-01-12

Die argument vir God (4)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Romeine 1:21 NLV

Die fisikus en Nobelpryswenner, Arno Penzias, het die wonderlike ontwerp van ons heelal as volg probeer beskryf: 'Sterrekunde lei ons tot 'n unieke gebeurtenis. 'n Heelal wat uit niks geskep is nie, een met 'n baie fyn balans wat nodig is om die presiese toestand te voorsien om lewe te kan toelaat. In die afwesigheid van 'n absurde, onwaarskynlike ongeluk, dui die waarnemings van moderne wetenskap op 'n onderliggende plan, een wat mens selfs 'n bonatuurlike plan kan noem.'

Die Harvard bioloog, Stephen Jay Gould, beskryf mense as "'n glorieryke ongeluk" van evolusie, wat sestig triljoen voorwaardelike gebeurtenisse benodig om te kon ontstaan het. Kosmoloë skat dat die aarde 4,55 miljard jaar oud is. Dus, om hierdie sestig triljoen gebeurtenisse te bereik, sou daar meer as ses en dertig noodsaaklike gebeure per dag vir 4,55 miljard jaar nodig gewees het - net sodat Homo sapiens kan ontstaan. Elkeen van hierdie ses en dertig nuwe daaglikse gebeure sou ook op die regte plek, op die regte tyd en in die regte volgorde moes plaasvind. En dit hou nie rekening met die astronomiese aantal 'ongelukke' wat nodig is om honderdduisende individuele ekosisteme te vorm nie. Een individu stel dit so: 'Jy sou 'n beter kans hê om te sterf terwyl jy deur weerlig getref word op die oomblik dat jy die Powerball-lotto wen, terwyl jy in 'n vliegtuig wat deur 'n meteoor getref is, vlieg.'

Dr Francis Collins, direkteur van die Menslike Genoom projek en self 'n gelowige, beskryf die verkenning van die natuur as "'n manier om 'n blik op God se gedagtes te kry", en merk op: 'Alle waarheid is God se waarheid en daarom kan God nie deur wetenskaplike ontdekkings bedreig word nie.' God bestaan en wanneer jy na sy hulp uitreik, sal jy dit ontvang.

Sielskos: Gen 25:19-27:46; Luk 2:21-33; Ps 71:17-24; Spr 2:3-5

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background