Die Woord vir Vandag
2019-11-24
Soek vandag sy hulp
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Paulus skryf: 'Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie. Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet wat die Gees in die oog het - dat Hy in harmonie met God se wil vir die gelowiges intree' (verse 26-27 NLV). Wat is hierdie onbeholpenheid in gebed waaraan ons onderhewig is? Soms weet ons nie hoe om die diepte van ons begeertes en gevoelens uit te druk nie en ons besef nie eers wat ons nodig het nie. Soms is ons so moeg in gees, gedagtes en liggaam dat ons nie die energie het om ons monde oop te maak nie. Daar is tye waar moedeloosheid so 'n sterk houvas op jou hart het dat jy nie nie aan 'n manier om uit jou omstandighede te kom, kan dink nie. Dis dan wanneer jy die Heilige Gees se hulp moet vra! Wanneer jy 'n gelowige is, voorsien die Heilige Gees jou van twee dinge waarsonder jy nie kan lewe nie: 1) Die vermoë om te weet wat God vir jou sê. Soms kan jy nie jou eie wysheid of die raad van jou naastes vertrou nie. 2) Hoe om 'n intieme verhouding met God te hê. Een van die wonderlikste dinge wat Jesus gesê het, was: '...Ek het julle vriende genoem...' (Johannes 15:15 NLV). Vriendskappe verg egter tyd en kommunikasie. Jesus het sy verhouding met die Vader as volg beskryf: 'Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy self doen...' (Johannes 5:20 NLV). Die Heilige Gees wys jou nie net wat om te doen nie, Hy bemagtig jou ook om dit te doen. Soek dus vandag sy hulp.
Sielskos: Pred 11:7-12:1; Ps 39:4-13; 2 Tim 4:6-8
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







