Die Woord vir Vandag

2019-11-25

Verstaan die fases van jou visie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 37:34 DB

Boere het 'n tyd om te saai, 'n tyd om te groei en 'n tyd om te oes. Dis dieselfde in God se koninkryk. Een sendeling vertel hoe hy gehoor het hoe 'n groep gesoute leiers hulle gedeelde ervarings bespreek het, waaruit 'n fassinerende vyf-fase proses te voorskyn gekom het: Fase 1: Die geboorte van die visie. Elkeen het aanvanklik 'n visie van die Heilige Gees ontvang, wat gepaardgegaan het met opgewondenheid en blywende bewustheid dat dit van God af kom. Fase 2: Die voorbereiding. Dis die fase waar drome dikwels vernietig word, omdat ons nie die nodige voorbereiding wil doen nie. Wanneer God jou 'n visie gee, moet daar ook aksie van jou kant af geneem word, anders sal dit nooit meer as 'n vlietende dagdroom wees nie. Fase 3: Die wildernis en die stryd. Een van ons grootste wanopvattings is dat wanneer iets van God af kom, daar geen stryd betrokke sal wees nie. Dis 'n mite! Jy kan amper gewaarborg wees dat daar 'n aansienlike stryd vereis sal word. Dis in hierdie fase waar ons getrouheid bewys word en daar is geen plaasvervanger daarvoor nie. 4) Die realisering van die visie. Dis hier waar ons uiteindelik die vrugte van ons ywerige voorbereiding en God se getrouheid kan begin smaak. Fase 5: 'n Nuwe begin en visie. Hierdie leiers het almal agtergekom dat hulle weer deur 'n vars visie van die Heilige Gees uitgedaag is. Hulle het uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat hulle lewens 'n aanhoudende siklus van al groter wordende visies is en soos God hulle met meer vertrou het, het dit hulle meer voorbereiding gekos en het die intensiteit van die stryd verhoog. Nou verstaan jy die fases van jou visie!

Sielskos: 3 Joh; Judas; Joh 13:31-38; Ps 118:1-9; Spr 27:23-27

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background