Die Woord vir Vandag
2019-11-27
Dis 'n noodsaaklike deel van die proses
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Hoekom is jy nog hier? Hoekom het Jesus jou nie eenvoudig saam met Hom hemel toe geneem toe Hy jou gered het nie? Omdat Hy nie net in ons finale bestemming geïnteresseerd is nie; Hy wil 'n werk in jou en deur jou op pad soontoe verrig. Ons raak ongeduldig as dit by God se wil vir ons lewens kom. Ons wil net daar uitkom! 'n Groot aantal tyd gaan egter gewoonlik verby tussen wanneer God ons roep en totdat ons sy wil vir ons lewens vervul. Totdat ons dit aanvaar, is ons nie gereed om enige plek heen te gaan nie! Ons moet verstaan dat die reis 'n belangrike proses is. Dit maak vir God saak wat jy word, op pad na waarheen jy gaan. Om Hom in gehoorsaamheid deur baie onbekendheid en moeilikhede te volg, is 'n onontbeerlike deel van jou voorbereiding. God gebruik die reis om jou geloof te leer, jou karakter te verfyn en jou vir groter uitdagings wat vorentoe lê, voor te berei. As jy tans in die proses is om God se wil te soek, is jy alreeds besig om deel daarvan in jou lewe te vervul. God het gesê: '...Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan...' Moenie die fout maak deur te dink dat jy nie vordering maak nie, omdat jy nog nie alles weet wat jy graag wil weet nie. Iets is tans aan die gebeur. Jou geloof word gestrek, jou geduld word ontwikkel, jou twyfel word gekonfronteer en oorwin en jou verhouding met God groei dieper. Hy berei ons altyd vooraf voor vir dit wat Hy in die toekoms vir ons beplan. Ja, dis ongemaklik - maar dis 'n noodsaaklike deel van die proses.
Sielskos: Jos 5:1-8:29; Joh 14:15-25; Ps 118:19-29; Spr 28:5-8
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







