Die Woord vir Vandag

2019-12-10

Wanneer jy nie met jou geld kan uitkom nie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 34:11 NLV

Het jy jou werk verloor? Staar die moontlikheid om jou huis te verloor of bankrotskap jou in die gesig? Is jy op die moeilikste plek waar jy al ooit was? Paulus het '...alles as verlies afgeskryf...' (Filippense 3:8 NLV), maar hy het nie daar gebly nie. Hy gaan voort om te sê: '...my God [sal] uit sy ontsaglike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het' (Filippense 4:19 NLV). God kan dit vir jou doen - met of sonder 'n salaristjek of 'n ander verwagte bron van inkomste. Die Psalmdigter het gesê: '...wie op die Here vertrou, kort niks wat goed is nie...' Een ding waarvoor jy op jou hoede moet wees is Satan se praatjies oor wat in die ergste geval kan gebeur. As jy dit toelaat, sal hy vir jou denkbeeldige prente skets waar jy in 'n kartonboks onder 'n brug woon. Staan vandag op God se Woord en verklaar: 'Here, U het gesê dat indien ek gewillig en gehoorsaam is, sal ek die beste van dit wat U kan bied, geniet (sien Jesaja 1:19). U beloof om my met guns te omring (sien Psalm 5:12). U Woord sê dat U deur u krag wat in ons werk, meer kan doen as wat ek ooit sou kon vra of dink (sien Efesiërs 3:20). Selfs al lyk dit of niks tans vir my uitwerk nie, gee my die geloof om U vir goeie dinge en beter dae te glo. U Woord sê vir my om oor niks angstig te wees nie, maar om my versoeke deur gebed en smeking en met danksegging, aan U bekend te maak. Dat u vrede, wat menslike verstand te bowe gaan, my hart en gedagtes sal beskerm (sien Filippense 4:6-7). Here, eer u Woord vandag, in die Naam van Jesus, Amen.'

Sielskos: Neh 8-10; Joh 18:25-40; Ps 105:1-7; Spr 30:1-4

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background