Die Woord vir Vandag

2026-10-11

Maak God by jou finansies betrokke

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Korintiërs 9:7 NLV

Luister na dagstukkie

God kan op die kantlyn sit en kyk hoe jy finansieel sukkel, of as jou finansiële vennoot aktief betrokke raak. Dit hang alles af van watter soort rentmeester jy is. Jou finansies is nog 'n area van die lewe waar jy 'n interaktiewe verhouding met jou hemelse Vader kan begin bou. As jy egter wil hê dat God by jou finansies betrokke moet wees, moet jy jou finansies vir God se belange aanwend. 'Nee, maak eers die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle heel eerste prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge as 'n bonus byvoeg' (Matteus 6:33 NLV).

Dit beteken dat jy moet gee. Jy kan begin met dit wat Hy jou reeds gegee het. Dit kan 'n persentasie van jou volgende maand se salaris of 'n deel van jou netto waarde wees. Jy moet volg waarheen die stem van vrygewigheid jou ook al lei. Dit gaan egter nie daaroor om te gee net sodat jy kan kry nie. Dit gaan daaroor om die vrese wat die gees van vrygewigheid binne-in jou belemmer, te neutraliseer. Dit gaan daaroor om die opwinding te ontdek om aan God se plan deel te neem en die sekuriteit te ervaar wat uit die wete dat jou voorsiener die Een is wat alles besit, voortspruit.

'God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei. In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees...' (2 Korintiërs 9:10-11 NLV). Sodra jy die volmaakte voorsiening van 'n liefdevolle hemelse Vader begin ervaar, sal jou vrese begin verdwyn.

Sielskos: Joh 14:26; Hand 2:1-21; Rom 8:26

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background