Bahle Nhlapho


Bahle Nhlapho shows

Mphatlalatsane

Begin jou dag met Bybelse Waarheid en gebed

Mpatlalatsane Radiokansel 657AM

Bahle Nhlapho is ‘n toegewyde Christen wat lief is vir die lewe en ‘n groot passie het om die Goeie Nuus op Radiokansel 657AM te versprei.

Sy is gebore en getoë in die Maboloka-dorpie buite Brits in die Noord-Wes provinsie. Bahle het die waardes van die lewe en Christendom by haar ouma en tante, wie haar grootgemaak het, geleer.

Hulle het my baie geleer oor geloof en benadruk dat as ek ‘n beter persoon wil wees, moet ek weet wie Jesus Christus is.

Nadat sy in 1996 gematrikuleer het, wou sy ‘n verpleegster word. Sy kon haar droom ongelukkig nie vervul nie, weens ‘n gebrek aan finansies. “Ek glo egter dat dit ook ‘n verborge seën kon wees, want vandag gebruik God my om sy Woord te versprei,” getuig Bahle. Nou weet Bahle nie net wie Jesus Christus is nie, maar sy help duisende ander om die Waarheid te verstaan deur middel van haar radioprogramme.

Dit het ook nie oornag gebeur nie, dit het baie jare van leer gevat om ‘n begrip te kry van wat radio werklik is. Bahle het langer as drie jaar vrywillig by ‘n plaaslike radiostasie in Noord-Wes gewerk. Sy het hierdie tyd geneem om soveel as moontlik te leer, met die hoop om eendag haar loopbaan uit te brei. Sy het in 2007 by Radiokansel aangesluit.

Bahle is lief vir lees. Sy rus ook haarself toe deur die boeke wat sy lees. Bahle lei luisteraars die dag in met gebed, lof en aanbidding en lees ook uit die Bybel. Sy is passievol oor musiek en die programme wat sy op Radiokansel aanbied. So dien sy vir God, luisteraars en kunstenaars.

Skakel in saam met Bahle Nhlapho op Radiokansel 657AM vir Mphatlalatsane, weeksdae om 04:00 en Jula Ezwini Sondae om 14:00.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM