Paasfees: Drie dae later

Written by on 2 Apr 2021

Wanneer ek aan Paasfees en Jesus dink, wie Sy lewe aan die kruis gegee het sodat ons lewe in oorvloed mag hê (Joh 3:16) dink ek onmiddellik ook aan Sy opstanding drie dae later.  

Die hartseerste gebeurtenis in die geskiedenis van die mensdom – Jesus se kruisdood –  het binne drie dae in die glorierykste oomblik verander toe Hy uit die dood opgestaan het. Vir die mensdom (en die aarde wat reikhalsend na Sy wederkoms uitsien) sal slegs Sy wederkoms bo sy opstanding uitstaan.

Van dood na ewige lewe

Dink net daaraan, Jesus het binne drie dae gelowiges vanaf ‘n situasie van dood na ewige lewe geneem. Hy het die graf oorwin, die dood se angel verwyder en sodoende vir ons hoop en lewe gegee. In my oë is Hy nie net my Heer en Koning nie, maar ook my held!

Ek het onlangs iemand hoor sê: “Jy het net een lewe, leef dit!”. Hy het na ‘n ‘vry’ lewe verwys waarin enigiets toelaatbaar is. Sy wens was om alles moontlik gedurende ‘hierdie’ lewe te beleef en in die proses het hy Jesus ontken.

Onthou jy nog die TV program, A-team? BA Baracus het altyd gesê: “Sucker, fool!” wanneer iemand om die bos gelei is. Wel, dit was die eerste gedagte wat by my opgekom het: Sucker, fool! – jy is mislei…

Deur die bloed van Jesus Christus leef ons alreeds die ewige lewe.

Hoekom? Want ons het ‘n ewige lewe om te leef. Nie een lewe hier en ‘n volgende lewe eendag in die hemel nie, dit is één lewe, dieselfde lewe! Deur die bloed van Jesus Christus leef ons alreeds die ewige lewe – ons denke (vir of teen Jesus) beïnvloed ons ewigheid. Ons dade en woorde beïnvloed mense se keuses en hierdie keuses kan tot die ewige lewe saam met Jesus of die dood lei. Dit bly ‘n keuse, die Here dwing ons nie om Hom te aanvaar nie – ons het nodig om Hom te kies.

Mag ons as gelowiges Hom elke sekonde van ons (ewige) lewe kies.

Luister gerus na ons potgooi oor “Die kruisiging en die bloed van Jesus tot volkome versoening. Lees ook ons dagstukkie oor “Herdefinieer ‘Goeie’ Vrydag.”

Die kruisiging en die bloed van Jesus tot volkome versoening.

Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM