Radiokansel word 44!
Radiokansel is al 44 jaar ’n stem van hoop, geloof en liefde in ons huise. Hierdie Augustus, wil ons tydens ons verjaarsdag, daardie selfde hoop met dié deel wat dit die nodigste het. In ons gemeenskap is daar kosbare kinders wat nie eens oor basiese noodsaaklikhede beskik nie. Saam kan ons dit verander.
Ons verjaarsdagwens is om broodnodige items soos toiletware en skryfbehoeftes te voorsien om hul lewens op te helder – en ons nooi jou uit om saam met ons te gee. Bring jou skenkings eenvoudig na ons kantore in Kilnerpark, Pretoria of by Kaleideokerk, Fiskaalstraat 4, Glen Marais, Kempton Park. Hierdie geskenke sal met die geliefde kinders by kinderhuise soos Jacaranda, Louis Botha en Morester gedeel word.
Laat ons 44ste verjaardag ’n viering wees wat hulle nooit sal vergeet nie – want elke kind verdien om geliefd te voel.
Wenslys vir Kinderhuise
Kos
- Koffie
- Tee
- Suiker
- Langlewe melk
- Poeiermelk
- Mieliemeel
- Rys
- Pasta
- Sop sakkies
- Blikkieskos: Bone, Ertjies, Pilchards, Groente, Vrugte, Bees
- Grondboontjiebotter
- Konfyt
- Pakke skyfies
- Vrugte
- Beskuitjies
- Lekkergoed
Toiletware
- Vaseline
- Lyfroom
- Deodorant
- Koekies seep
- Tandepasta
- Roll-on
- Wipes
- Toiletpapier
- Sjampoe
- Opknapper
Skryfbehoeftes
- Blou, swart en rooi penne
- Potlode
- Inkleurpotlode
- Uitveërs
- Skerpmakers
- Wiskundesstelle
- Lêers/ Bantex-lêers /Flip-lêers
- Wetenskaplike sakrekenaars
- Tassies/Rugsakke
- Hardebandboeke
- Skryfboeke
- Merkers (highlighters)
- Inkleurpotlode
- Waskryt
- Plastieksakkies
- Stokkie gom
Skoonmaakmiddels
- Bleikmiddel
- Handy Andy
- Vullissakke
- Pine Gel
- Sunlight-seepstafies
- Waspoeier
- Jeyes Fluid
- Skottelgoedseep
Speelgoed