‘n Nuwe era in Gospel radio

Radiokansel loods Radiokansel Hartklank en Radio Pulpit Jikelele met boodskappe van hoop en geloof op verskeie media platforms. Met die toekoms in oog, word ons deur die vinnige groei van aanlyn-luister geïnspireer. Studies toon dat digitale oudioverbruik die afgelope paar jaar die hoogte ingeskiet het, en na verwagting nog meer sal groei. Sό gaan ons opgewonde die toekoms binne deur nuwe Christelike aanlyn radiostasies te skep wat grense kan oorskry.

Ons is verheug om aan te kondig dat Radiokansel op 4 Junie twee splinternuwe aanlyn-radiostasies bekendstel! Luisteraars kan daarna uitsien om vir langer in hul eie taal te luister. Radiokansel Hartklank sal Christelike aanlyn radioprogramme in Afrikaans uitsaai en Radio Pulpit Jikelele in Engels en Afrikatale soos Zulu en Setswana. ‘n Volkome Engelse stasie word ook in November geloods. Hierdie aanlyn radiostasies stel ons in staat om die Evangelie oor grense heen te versprei.

Maar hier is die beste deel – ons wil hê JY moet deel van hierdie reis wees! Vertel ons wat jy graag op Radiokansel Hartklank en Radio Pulpit Jikelele wil hoor? Jou voorstelle sal ons help om inhoud te skep wat jou werklik inspireer, ophef en by jou aanklank vind.

Deel jou idees vandag met ons! Stuur vir ons ‘n SMS met die woord ‘ONLINE’ en jou voorstelle na 37871, of stuur ‘n stemnota met WhatsApp na 082 657 2729. Stuur gerus ook ‘n epos na gospel@radiokansel.co.za en hou ons sosiale media dop vir meer inligting.

Kom ons bou saam aan radiostasies wat direk tot jou hart spreek.

Radiokansel: Luister vir langer na die evangelie in jou eie taal.



Current track

Title

Artist

Background